Vertrou op die Here

Vertrou op die Here

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.  Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Vrooer die jaar het ‘n vriendin my geseen deur weer hierdie populere versie aan te stuur. Spreuke 3:5-6

Hoeveel keer het ek nie dit al gelees nie maar ons God is so goed en getrou dat die Heilige Gees nooit ophou om ons te herhinder aan Romeine 12:2 waar ons geleer het om ons denke te vernuwe sodat ons die wil van God sal kan onderskei.  So, nadat ek die versie weer lees en ‘n nuwe saadjie weer diep in my hart gaan le, was die Here besig om my voor te berei vir net nog een dag in die lewe van mamma wees!

Dis Lente, ‘n koel April oggend en my dogter kan gewone klere skool toe aan trek vir een of ander geld maak storie by die skool.

Sy en haar beste maatjie het afgespreek dat hulle elkeen, hul helfde van hul BFF hangertjie sou aansit vir die okasie sodat hulle uiteindelik, die twee helfdes, by die skool bymekaar kon sit.

Daar was net een probleem:  Annabel se hangertjie kon sy NERENS vind.

Ek soek toe oral in haar kamer vir ‘n tweede keer en begin toe weer van voor af preek en herhinner haar dat as sy NET dinge sit waar dit hoort dan sal sy nie so hoef te soek nie.  Op daai oomblik besef ek dat daar nie ‘n manier is dat ons daardie hangertjie gaan vind voor skool begin – dit was tyd om te ry!  Ek raak toe net stil en weet Jesus sal haar hart voorberei vir die realiteit dat sy en haar maatjie se hartjie dalk nou seer gaan wees maar sy sal deur dit kom.  Nou ja, net daar en dan stamp ek my kop teen ‘n masiewe lego vliegtuig, en toe ek op kyk, le die hangertjie onder die “Lego Friends” vliegtuig se vlerk…

Psalm 91:4

Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.

Nou ja, as ‘n Lego vlerk Annabel se skat mooi veilig bewaar, hoeveel te meer sal die Here nie ons en ons gesinne bewaar nie.  Hy bly geinterreseerd in die kleine fyne detail van ons lewe en Hy is daar om ons las ligter te maak as ons net na bo sal kyk.

Ons dien ‘n Magtige God Wie se arm nie te kort is om te help wanneer ons Hom nodig het nie… ek moes nou wel letterlik en figuurlik my kop stamp om te onthou van die versie wat my vriendin gestuur het maar deur Sy genade het ek.

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.  Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *